Theewaterskloof Munisipaliteit het onlangs ’n funksie in Caledon gehou waartydens die uitslag van ’n evaluering van sy dorpe bekend gemaak en sertifikate en vlae aan dorpe toegeken is.
Die gasspreker by die geleentheid, Minister Anton Bredell Minister van Departement Plaaslike
Regering, Beplanning en Omgewingsake in die Wes-Kaap het tydens die funksie gesê dat hoewel daar nie na die ou munisipale struktuur van kleiner owerheidsgebiede teruggekeer kan word nie, desentralisasie van sekere munisipale funksies na dorpe, dienslewering versterk en die demokrasie verbreed. |